Ons top wenke om die perfekte reisstelsel te kies


 

Om die geskite reisstelsel vir jou en jou baba te kies kan `n uitdagende proses wees. Met soveel handelsmerke op die mark soos Peg-Perego, Noola, Chelino, Cybex, Joie en meer, kan die proses om die regte stelsel vir jou behoefdes te vind uiters oorweldigend wees. Waar begin jy om die taak aan te pak?  Jy het 9 maande om voor te berei vir die koms van jou kleinding, daarom het ons 'n handige lys saamgestel van die 9 belangrikste dinge om in gedagte te hou en vrae wat u moet vra wanneer u navorsing doen om die perfekte stelsel vir jou gesin te kies.

1. Leefstyl - vind die reisstelsel wat by jou leefstyl pas:
  • Reis jul baie per motor?
    • Oorweeg 'n stelsel wat vinnig en maklik opvou en opslaan.
  • Is daar trappe in jul huis?
    • Soek 'n stelsel wat lig en maklik is om met trappe op en af ​​te dra.
  •  Hoe groot is jul kattebak?
    • Probeer verskeie stootwaentjies agter in jou motor laai en te toets watter stootwaentjies pas die beste en laai die maklikste in en uit.
  • Reis jy baie?
    • Oorweeg stootwaentjies wat kompak, liggewig en maklik is om op vliegtuie gebruik te kan word en in klein ruimtes kan pas.
  • Is julle aktief?
    • Soek 'n stootwaentjie met groter wiele en veerstelsel wat die buitelewe kan baasraak.
  • Beplan jul 'n groot gesin met boeties en sussies na aan mekaar in ouderdom?
    • Soek 'n stootwaentjie wat van 'n enkel- in 'n dubbelwaentjie kan omskakel vir wanneer die volgende klein bondeltjie vreugde by die gesin aansluit.
Peg Perego Book Mon Amour

2. Veiligheid

Die gemak en veiligheid van 'n stootwaentjie is natuurlik belangrik, maar daar moet gefokus word op die veiligheid van die motorstoel wat by jou reisstelsel kom.
Peg Perego Primo Viaggio Car Seat

Soek 'n motorstoel wat ‘n onafhanklike botsingstoets ondergaan het en die resultate daarvan aanlyn beskikbaar is. Soek na 'n karstoeltjie met goeie botsingstoets slaagsyfers  wat gemaklik in u stootwaentjie kan pas.

Alhoewel die meeste motorstoeltjies in Suid-Afrika deur die vereiste standaardveiligheidstoetse gaan, is hierdie toetsuitslae nie vir die publiek beskikbaar nie en daar is dus geen manier om te weet hoe die betrokke stoeltjies in die toets gevaar het nie. Het hulle met vlieënde vaandels geslaag of net deurgeskraap? Soek 'n motorstoeltjie wat onafhanklik getoets is om te verseker dat u die veiligste opsie vir jou kleinding kies.

3. Gemak van gebruik

As Suid Afrikaners is ons 5 of 6 keer per dag in en uit ons motors.  Die laaste ding wat jy wil hê is om 15 minute lank met jou stootwaentjie te sukkel om dit in en uit die kattebak te kry. Maak seker dat jy dit self toets wanneer jy na u stelsel kyk. Probeer dit opvou en oopmaak en probeer die motorsitplekke en kinderstoeltjies installeer.

Die belangrikste ding om te oorweeg wanneer jy ‘n stelsel wil koop, is om seker te maak dat jy gemaklik voel en selfversekerd voel om dit self te kan gebruik. Al lyk dit stylvol en mooi, is dit prakties en maklik om te gebruik? Op dieselfde manier as wat jy 'n motor sou toets voordat jy dit aanskaf, moet jy seker maak dat jy jou reisstelsel toets voordat jy jou keuse maak.

    Peg Perego Book Modular

    4. Geskiedenis van die handelsmerk - internasionaal en plaaslik

    Daar is tientalle babawaentjies in Suid-Afrika beskikbaar. Sommige bestaan ​​al dekades en ander ​​slegs 'n paar jaar. Kyk na die geskiedenis van 'n handelsmerk om uit te vind watter ervaring hulle in die babaproduk-bedryf het. Hoe langer 'n handelsmerk babaprodukte ontwikkel en vervaardig, hoe meer kundigheid het hul en hoe meer navorsing is oor hul produkte gedoen.

    Kyk op 'n meer plaaslike vlak na die geskiedenis van die maatskappy wat die handelsmerk na Suid-Afrika invoer. Voer hulle hierdie produkte al lank in en het hulle 'n gevestigde verhouding met die handelsmerk? Sal hulle daar wees as u oor 'n paar jaar 'n onderdeel benodig?

     
    5. Na verkope diens
    Soos ons almal weet – loop dinge soms verkeerd. Stootwaentjies kan agter die blindekol van die SUV vergeet word en raakgery word (iets om in gedagte te hou vir al die SUV-mammas en -papa’s) - dit gebeur meer gereeld as wat jy sou dink. Lugdienste is berug daarvoor dat hulle stootwaentjies breek wanneer hulle dit vervoer, en deur die jare kan die spons en kussings verweer . Soek na 'n handelsmerk wat jou 'n toegewyde na-verkope diens bied wat jou kan help as jy enige herstelwerk op jou stelsel benodig. Oorweeg ook of onderdele geredelik beskikbaar is en of die stootwaentjie plaaslik herstel kan word as iets verkeerd sou loop.
    Benewens onderdele en diens, wil jyook 'n handelsmerk kies wat jou 'n ondersteuningsdiens bied na die aankoop van jou stelsel. Kan hulle jou help met die installering van u motorstoeltjie of Isofix-basis? Kan hul jou adviseer oor die volgende motorstoeltjie wanneer jou kleinding sy/haar babstoeltjie ontgroei? Sou die span beskikbaar wees om jou presies te wys of te stap vir stap te verduidelik hoe die stelsel werk indien jy sou vergeet het in die tyd tussen wanneer jy dit aangekoop het en vir die eerste keer moes gebruik?
     
    6. Langlewendheid

    As u 'n reisstelsel kies, beplan die meeste ouers om die stelsel vir 1, 2 of selfs 3 babas te gebruik. Reisstelsels kan 'n duur belegging wees en jy wil verseker weet dat die kwaliteit van die produk vir meer as net 1 baba sal hou.

    Peg Perego Book Modular Mon Amour

    7. Waarde vir jou Geld
    Wanneer jy jou reisstelsel ondersoek, moet jy kennis neem van wat by die stelsel ingesluit is.
    • Bevat die stel alles wat jy benodig, of word die stukke apart verkoop?
    • Watter bykomstighede moet u dalk by u stelsel voeg?
    • Het die motorstoeltjie aanpassings nodig om op die raam te pas?
    • Kom die Isofix-basis saam met die stelsel of is dit 'n ekstra?
    Sorg dat jy 'n uiteensetting kry van alles wat wel ingesluit is of nie sodat daar nie later versteekte kostes is nie.
    8. Internasionale beskikbaarheid

     Is dit 'n internasionale handelsmerk?Waar is dit anders beskikbaar? As jul sou verhuis, sal jy steeds toegang hê tot naverkoopsdienste, onderdele en toebehore?

    9. Kwaliteit
    • Waar word die produkte vervaardig? Maak seker jy koop ‘n kwaliteit produk.
    • Watter materiale word gebruik? Is dit duursaam en maklik om skoon te maak?
    • Hoe gemaklik is die sitplekke?
    • As jy na 'n stelsel met 'n bassinet kyk, hoe sag en dik is die matras? Is dit knus en gemaklik genoeg vir baba om in te slaap?
    Peg Perego Bassinet

    10. Waarborg, kansellasie en teruggawe

    Maak seker jy weet wat die beleid rondom die waarborg van jou stelsel is. Hoe lank loop dit? Wanneer begin dit? Onthou, indien dit begin loop met die datum van aankoop het jy minder dekking as jy vroeg koop.

    Die kansellasie- en teruggawe-beleid is ook belangrik. Soos ons meer en meer aanlyn koop sonder om eers te besigtig, is dit wys om vas te stel of die verkoper kansellasie en teruggawe toelaat indien jy nie met jou stelsel tevrede is nie. Moenie deur die fynskrif uitgevang word nie.



    Item is added to cart